PvR Geloofsfamilie

Volgelinge op die Kruispad 5 - Oefening

Ons is besig om as volgelinge van Jesus onsself te vra wat dit prakties beteken om Jesus te volg.

Ons het Sondag by Markus 16 en stilgestaan en Jan het gepraat oor stomp eindes.

Hy het die volgende uitgelig:

  • Twyfel is nie die teenoorgestelde van GELOOF nie, ONGELOOF is

  • Om bang te wees en te bewe en weg te hardloop en stil te bly is nie ongeloof nie. 

  • As ons sê ons GLO maar ons VERTROU nie, moet ons weer kyk na die GELOOF wat ons bely.

  • Jesus het nie in ons geloof opgestaan nie – maar in ons onsekerheid. Ons geloof het Hom nie laat opstaan nie – sy opstanding laat ons glo.

Oefening vir die week:

  • Die Here is rondom ons, al wat ons moet doen is om Hom raak te sien. Kyk of jy die Here iewers hierdie week raak sien, veral op plekke waar jy Hom nie sou verwag nie.

Views: 44

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Bestel nou vars vleis tot 3 Junie vir aflewering by kerk in week van 4 Junie.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service