PvR Gemeenskapskerk

Volgelinge op die Kruispad 6 - Oefening

Ons is in Heilige Week en Sondag het ons Palmsondag gevier.

Henk Janse van Rensburg het oor die intog van Jesus in Markus 11 met ons gedeel oor die drie intogte:

  • Politieke intog van Herodus en Pontius Pilatus

  • Godsdienstige intog met die lammers vir paasfees
  • Jesus se intog sonder fanfare om 'n derde weg te wys - die pad van lyding en die kruis.

Die vraag is hoe help dit ons as volgelinge van Jesus om eerder die derde weg van lyding te stap en nie ons eie agendas te volg nie.

Laat die palmkruisie jou herinner terwyl ons agter Jesus aanstap.

Oefening vir die week:

  • Vou vir jou 'n palmkruisie. Laat die palmkruisie jou herinner dat jy saam met Jesus hierdie lydenspad stap.

Views: 10

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service