PvR Geloofsfamilie

Met die oog op ons jaarlikse wegbreek as Gemeenteraad in September na Shayamanzi in Limpopo, wonder ons of ons bediening en familielewe in Pierre van Ryneveld so belyn is dat dit ons help om vir Jesus te ontdek, en Hom te leef.

Ons luister graag na lede van ons geloofsfamilie, wat ook deel is van ons gemeenskap in Pierre van Ryneveld, en het vrae voorberei wat ons vir jou vra om asb vir ons te antwoord en aan ons terug te stuur.

As jy alreeds op 'n ander plek en tyd hierdie ingevul het, hoef jy nie weer nie.

Kliek hier vir 'n PDF-weergawe van die vorm. Kliek hier vir 'n Word-weergawe van die vorm.

Vra asb ook vir lede van jou gesin (as jy deel is van 'n gesin) om ook een in te vul, en stuur dit gerus terug na ryno@pvr.co.za
As jy 'n kopie druk en dit met die hand invul is jy welkom om dit te scan en mail, of by die kerkkantoor af te gee.

Ons wil as geloofsfamilie graag getrou aan ons Roeping wees en leef, en jy kan ons as Gemeenteraad baie help deur hierdie in te vul. Baie dankie dat ons kan vra.

Ryno Meyer
namens die Gemeenteraad

Views: 37

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Bestel nou vars vleis tot 30 April vir aflewering by kerk in week van 2 Mei.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service