PvR Gemeenskapskerk

Waarheen sal my verbeelding en oortuiging my hierdie Winter lei?

"Die Winter is hier..." 

Elke warm stort, elke warm trui of baadjie en elke aand in 'n warm bed in die Winter is vir my 'n groot voorreg.

Dikwels raak ek tegelykertyd bewus van my voorregte, en ook van mense wie se omstandighede hulle nie hierdie voorregte toelaat nie. Ek raak oortuig dat ek erens iets vir iemand kan en wil doen, om die wereld waar ek beweeg beter te maak, en ook te help om te voorsien in mense se basiese behoeftes.

Ek glo verseker daarin dat hulpverlening aan mense verder gaan as net die uitdeel van materiele goedere. As jy egter voel dat jy hierdie winter op hierdie manier wil help en in beweging kom, oorweeg een van hierdie maniere en plekke:

  1. Die "Winterhoop" projek wat gesamentlik deur MES en PEN bestuur word. Dit is ‘n landswye inisiatief met baie mediadekking en hierdie jaar is reeds die 13de jaar dat hoop met die program gebring word. Die uitsluitlike oogmerk is die insameling en verspreiding van komberse, nie-bederfbare voedsel en tweedehandse winterklere (veral mansklere in kleiner nommers). Jy kan alle hulp hiervoor by ons kerkgebou kom aflaai.
  2. Die CMR in Ivory en Ebony Park (Tembisa) samel ook klere en komberse in om mense wat hulle bedien te help om warm te slaap en aan te trek. Jy kan alle hulp hiervoor by ons kerkgebou kom aflaai.
  3. Ons eie gemeente het ook 'n Koskas en Klerekas waaruit ons vir verskeie plekke en mense help om te oorleef en dan te leef. Ons het twee dames wat vir elkeen van hierdie kaste verantwoordelik is en hulle kook. Jy kan alle hulp hiervoor by ons kerkgebou kom aflaai.
  4. Die Universiteit van Pretoria verkoop goeie kwaliteit komberse en kussings teen R20 en R50 onderskeidelik weens 'n tekort aan stoorplek wat hulle vir hierdie goed het. Die komberse en kussings kan daagliks van 10:00 tot 10:30 en 12:30 tot 13:00 afgehaal word by Suid Straat 1134 in Hatfield. Jy kan gerus vir Pietro Lindeque kontak met enige navrae by 012 420 3204 / 083 301 7200 of pietro.lindeque@up.ac.za Sien asb besonderhede vir betaling van hierdie komberse en kussings heel onder aan hierdie blog*.

Ons sal graag ook 'n storie van jou af wil hoor as jy hierdie Winter iets vir iemand doen om die koue meer draaglik te maak. Stories kan jy gerus na my toe stuur by ryno@pvr.co.za

Nou ja, kom ons laat ons verbeeldings werk en ons reageer op ons oortuigings.

Ryno Meyer

0824602103

*When purchasing these items, please follow these instructions:

1. Direct payment into the UP bank account, after which the client must submit proof of payment. The name of the purchaser and the receipt number will be recorded before supplying the linen.
2. Please note that the cost centre indicated below must appear on the proof of payment.
3. The proof of payment that you provide will be retained as support documentation.
4. Please note that no cash or cheques will be accepted.

Bank: ABSA – Hatfield
Branch code: 33 55 45
Account no: 2140 000 038
Cost centre: H01952/03599
NB: When making an Internet transfer, please enter the cost centre as H0195203599

Views: 132

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service