PvR Gemeenskapskerk

Ons hoor die branders, voel die rustig word, die asemhaal en lekker kuier saam met ’n diep reis van wie ons is en wat ons GLO opgetof met jare se pret, lag en kuier saam met ons vriende.  JA, jy is reg! Dit is, dit is see kamp waarvan ek praat. En nie enige see kamp nie, nee DIE see kamp, ons see kamp,  see kamp 2011.

Kom join ons in die journey en kom geniet net die see, strand, sterre en kampvuur kuiers saam met ons. Ons reis opsoek na paar nuwe betekenisse en net dalk ontdek jy die lig reus in jouself.

Ons gaan Sodwana toe van die 2-8ste Julie en kostes beloop R980, verblyf, vervoer en etes ingesluit. En daar wag dalk nog ’n paar lekker verassings in die see kamp sakkie want wie het gesê ons kan nie na die vissies ook kyk nie.

Daar is beperkte plekke so spring gou maar daar is wel nog plekke beskikbaar.

Kom haal jou vorm by die Jeug kantoor en betaal so gou moontlik ’n deposito om jou plek te verseker.

As jy dit mis gaan jy baie mis, dit gaan lewensveranderend wees.

Hoop om jou op die bus te sien.

Views: 34

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service