PvR Gemeenskapskerk

Dit is Donderdagaand, moedeloos, koud en skuldig warm voor die verwarmer sit en kyk ek Oprah se swanesang. Die woord "calling" maak my ore nuuskierig. "It lifts you up and lets you know that you are exactly where you should be, doing exactly what you should do" En die wonder kom in my op: "Hoeveel van ons leef in hierdie waarheid?"

Nou ryg sy 'n snoer met pêrels: "take responsibility for the energy you bring onto this space"; "we often block our own blessings because we think we are not worthy", "your being here makes your being alive worthy" en dan 'n moeder van 'n suidsee traandruppel-skat: "we all want to be heard, seen...VALIDATED"

En ek hou my asem op...Wanneer gaan sy hierdie string se knip aansit, hoe gaan sy die snoer afrond? "Where do I get the strength/help I need for all this?"... "It is no coinsidence... it is the grace of God" Sy sit 'n bloedrooi robyn tussen die wit in -"Jesus helps me - to God be the glory!"

 

Die dink sit nou in my hart - hierdie het niks met Oprah te doen nie, hierdie het met die lewe te doen, myne en joune. Hierdie het te doen met my liefde vir God en vir mense of my nie liefde nie of my ontdek van hierdie liefde, die groei daarvan. En my wange is nat van verwondering oor die matelose eenvoud hiervan - dit is alles wat Christus ons kom leer het!

Môre sit ek al die pêrels wat ek het om my nek! You go girl!(boy)

 

 

 

Views: 29

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service