PvR Gemeenskapskerk

LEONARD SWEET


In 2006 en 2007 is Leonard aangewys as een van die 50 mees invloedryke Christene in die VSA. (Church Report Magazine). Tans is hy die E. Stanley Jones Professor van Evangelisasie by Drew Universiteit,

Madison, NJ, asook besoekende, buitengewone Professor by George Fox Universiteit, Portland, Oregon.
Len was die Vise-President Akademiese Sake en Dekaan van die Teologiese Fakulteit by Drew Universiteit vir die afgelope vyf jaar. Voorheen was hy elf jaar die President en Professor van kerkgeskiedenis by die “United Theological Seminary” in
Dayton, Ohio.

Voor 1985 was hy die Provost van Colgate
Rochester/BexleyHall/Crozer Teologiese Skool in Rochester, New
York.Hy was deurgaans betrokke in die leierskap in die “
United Methodist Church”. Len was die aangewese spreker by talle streeks- en nasionale konferensies van sy kerkgenootskap en was ook die hoofspreker by die 1996 Internasionale Methodiste Kongres in Rio de Janeiro. Hy dien as konsultant vir baie van die VSA se kerkleiers en kerklike organisasies.

Hy is die outeur van meer as tweehonderd artikels, bykans 1200 gepubliseerde preke en dosyne boeke. Hy speel ‘n sleutelrol in die webwerf sermons.com. Hy en sy vrou Karen Elizabeth Rennie het was vir nege jaar die redakteurs van “Homiletics” wat die mees invloedryke bron vir prediking in die VSA geword het. In 2005 het Len Wiki-Letics gestig.

In 2000 skryf Len die eerste godsdienstige e-boek op Amazon.com “The Dawn Mistaken for Dusk: If God So Loved the World, Why Can’t We?” In die laaste twee jaar het Len “The Gospel According to Starbucks, The Three Hardest Words in the World to Get Right, The Church of the Perfect Storm, AquaChurch 2.0, en 11
Indispensable Relationships You Can’t Be Without” gepubliseer. Sy nuutste boeke is “So Beautiful: God’s Design for Life and the Church” en “Pay Attention: Every Bush is Burning”.

Hy is die stigter en President van “SpiritVenture Ministries” en het in 1995 “Sweet's SoulCafe”, ‘n geestelike nuusbrief vir post-moderne mense gestig. Sy persoonlike notaboek “ChartNotes” was uitverkoop voordat dit gepubliseer is.

Len het ‘n termyn gedien op die Raad van die Amerikaanse Vereniging vir Kerkgeskiedenis, was ‘n mede-redakteur van die “Journal of the American Academy of Religion” vir 10 jaar en is ‘n lid van verskeie professionele verenigings. Hy het sy Ph. D verwerf by die Universiteit van Rochester en is die ontvanger van verskeie ere-Doktorsgrade. Hy het lesings aangebied by verskeie universiteite en is ‘n gewilde spreker by nasionale en internasionale konferensies en byeenkomste.

Len word al hoe meer genooi as internasionale spreker en het in onder andere in Taiwan, Hong Kong, Australie, New Zealand, Kanada, Brasilie, Engeland, Wallis, Suid-Afrika, Suid Korea, Ysland, Skotland en in die onlangse verlede China, Indonesia en Latvië as spreker en konsultant opgetree.

ALAN HIRSCH


Alan is die stigter van “Forge Mission Training Network” en is die mede-stigter van “shapevine.com” ‘n internasionale forum vir denkers oor idees wat die wêreld verander. Hy is die leier van “Future Travellers”, ‘n organisasie wat gemeentes help om hulle doel en gestuurdheid in die wêreld te verstaan en is ‘n aktiewe lid van “The tribe of LA” ‘n geloofsgemeenskap tussen kunstenaars en kreatiewe denkers in Los Angeles.


Hy is bekend vir sy innoverende benadering tot sending en is as konsultant ‘n sleutel-strateeg vir kerke regoor die wêreld. Sy gewilde boek “The Shaping of Things to Come” (saam met Michael Frost) word beskou as ‘n invloedryke teks oor sending. Een van Alan se nuutste boeke “The Forgotten Ways” het baie vinnig ‘n
sleutel verwysingsteks geword vir missonale denke. Hy is ook die skrywer van “ReJesus” en “Untamed” wat ons help om te verstaan hoe Jesus die sending van die kerk gesien het en hoe mense kan deel wees van daardie droom.

Hy is mede-professor by die bekende Fuller Teologiese Kweekskool en bied lesings aan in Australie, Europa en die VSA.




ERWIN MCMANUS



Erwin Raphael McManus is skrywer, spreker, aktivis, filmmaker en innoveerder wat spesialiseer in die veld van die ontwikkeling en ontbranding van die kreatiwiteit van individue en organisasies, uniekheid, innovasie en
diversiteit. In ander woorde, hy raak baie gou verveeld!

Hy is verbind daartoe om omgewings te skep waarbinne verbeelding en kreatiwiteit maksimaal ontbrand word. Hy is oortuig dat die wêreld verander word deur dromers en visionêre leiers. Hy hanteer onderwerpe soos kultuur, kreatiwiteit, verandering en leierskap. Hy is ‘n boeiende en prikkelende spreker en het al met meer as ‘n miljoen mense as spreker gewerk. Sy gehore kom uit wyd uiteenlopende gemeenskappe wat insluit die NFL, Lionsgate, New Line Cinema en ILOG. Hy was betrokke in verskeie films, artikels en tydskrifte regoor die VSA en die res vandie wêreld.

Erwin is ook die leierleraar van Mosaiek Gemeente in Los Angeles. Hy is die skrywer van “An Unstoppable Force; Chasing Daylight; Uprising: A Revolution of the Soul; The Barbarian Way; Stand Against the Wind, Soul Cravings, and Wide Awake”. Hy dien ook as navorsingsadviseur vir die Gallup organisasie.

Erwin is gebore in El Salvador en het gegradueer aan die “University of North Carolina” en die “Southwestern Theological Seminary”. Hy en sy vrou Kim bly in Los Angeles en hulle et twee kinders, Aaron and Mariah, en ‘n aangenome dogter Patsy.





DAVID KINNAMAN



David Kinnaman is die president van die “Barna Group” wat bekend is vir die navorsing wat hulle doen en hulpbronne wat hulle voorsien om geestelike transformasie in mense se lewens te laat gebeur. Sedert 1995, het hy meer as 500 navorsingsprojekte ontwerp en verwerk vir ‘n verskeideinheid van kerke, organisasies en maatskappye. Hy en George Barna skryf ‘n gratis navorsingstydskrif wat aanlyn gepubliseer word. (www.barna.org) David en sy vrou Jill het drie kinders en bly in Ventura, Kalifornië.

GEORGE BARNA



George Barna het Katoliek grootgeword in Princeton, New Jersey maar het sedertdien uit oortuiging evangeliese Christenskap aangeneem. Hy het ‘summa cum laude’ gegradueer by die Boston Kollege in die sosiologie (en
godsdienswetenskap) en het twee Meestersgrade by die Rutgers Universiteit verwerf. Hy het ook ‘n Doktorsgrad verwerf aan die “Dallas Baptist Uiversity”.

Barna lei seminare vir kerkleiers, tree as spreker op by bedieningskonferensies en tree op as dosent by kweekskole. Hy het ook as leraar in ‘n gemeente gedien. As outeur het hy meer as drie dosyn boeke die lig laat sien, veral oor eietydse christelike onderwerpe. Sy boeke se temas strek van wêreldbeskouings, tendense
en kinderopvoeding tot die kerklike lewe, geestelike groei en leierskap. Hy skryf ook gereeld rubrieke op die internet en is veral bekend vir sy uitgebreide navorsing oor die Christendom en die kerk.

Hy is getroud met Nancy en hulle het drie aangenome kinders, twee van Guatemala en een van Rusland.

Mike Erre



Mike is die leierleraar van die Rock Harbor gemeente in Costa Mesa. Kalifornië. Mike het 'n Meestersgraad in die Filosofie van Godsdiens en Etiek behaal aan die Talbot Teologiese skool by die Biola Universiteit. Hy is 'n Lid van die Conversant Life forum en die skrywer van drie boeke: The Jesus of Suburbia: Have We Tamed the Son of God to Fit Our Lifestyle;Why Guys Need God: The Spiritual Side of Money, Sex and Relationships;Death by Church: Rescuing Jesus from His Followers, Recapturing God's Hope for His People".

Views: 130

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service