Sondag 22 Januarie 2012 – Ons spring die jaar af met ons eie 'Mascot" – die ene Dimpels & Junior Dimpels (alias JD) spesiaal vir ons Mosterdsaadjies in Die Ark!
Ons kinders moes vinnig dink oor hulle skool se “leuse”. Toemaar ons het die graad eentjies verskoon want hulle ken nog net hulle juffrou (dis tog die belangrikste).
Ons leuse ook by die juniors is Ontdek & Leef Christus – dis presies wat Dimpels & JD uitbeeld. Maar hoe gaan ons dit probeer doen? Maar wag eers – hoe verduidelik ‘n mens Ontdek & Leef vir kinders soos die Mosterdsaadjies???
Gelukkig weet ek dat al ons kinders Lion King gesien het. Ons vraag aan hulle was: wat het Simba “ontdek” by die plek waar sy pa hom verbied het? Ja, bene & die hienas!!
So het ons kinders die “ontdek” deel verstaan, & leef? Haal almal diep asem in & blaas uit! Sonder dit kan ons nie lewe nie! Maar hoe gaan ons dit doen? Deur Christus te volg
Ons mentors gaan ons help, soos hierdie foto hier onder, om Christus te volg!
Ons gaan verhoudings bou – met ander maatjies wat ons nie ken by die skool!
En dan kan ons net verwonderd staan oor Christus se liefde vir ons & Sy hand sien in alles wat ons doen & beleef!
30 Mei 2012 van 5:30 tot 6:30 – PVR Gemeenskapskerk
30 Mei 2012 van 19:00 tot 20:30 – PVR Gemeenskapskerk
31 Mei 2012 van 10:00 tot 12:00 – PVR Gemeenskapskerk
31 Mei 2012 van 14:30 tot 15:30 – PVR Gemeenskapskerk
4 lede
56 lede
19 lede
6 lede
12 lede
6 lede
20 lede
4 lede
27 lede
10 lede
© 2012 Created by PVR Admin.
Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!
Join PvR Gemeenskapskerk