PvR Gemeenskapskerk

Wie preek? Hoekom wil ek weet?

Wil ek vir hierdie spesifieke prediker begin voorbidding doen vir sy voorbereiding van sy preek? Wil ek hom dalk kontak, sms, tweet,whats-up of e-pos om uit te vind of daar iets spesifieks is waarvoor ek vir hom kan intree by die Here?

Of.. wil ek op grond van die antwoord op die vraag besluit waar sal ek Sondag kerk toe gaan en so trek agter predikers aan en nooit "tuis kom" by 'n gemeente nie? Moet my nie verkeerd verstaan nie. Natuurlik het elkeen mense na wie ons makliker luister en is predikante verskillend begaafd as dit kom by prediking.

Dit lyk net vir my dat in ons groei  en volwasse word in ons verhouding met God is daar 'n paar karakter krappe waaruit ons moet groei soos... trots. Ek haal Peter Scezzero aan:"They are very selective in who can teach them"; nog een is luuksheid -"They take more pleasure in the spiritual blessings of God, than God himself: 'n eina een is geestelike vraatsug:"they resist the cross and choose pleasures like children do " en jaloesie:"they feel unhappy when others do well spiritually. They are always comparing"

Ek glo God wil dat ek sal groei na 'n plek van gebrokenheid in myself en voor Hom dat ek sy stem sal hoor ongeag omdat ek so honger is daarvoor en so totaal afhanklik. 'n Plek waar ek nie in beheer is nie - God is nie 'n objek wat ek bepaal, bemeester,besit of voorskryf nie -ek kan ook onbevange kerk toe gaan en aanvaar dat Hy my sal ontmoet -soms sommer in die groet van die mens langs my, soms in gebed,teks of preek.

Hy sal my ontmoet waar Hy weet ek dit die nodigste het - as ek weet hoe om te hoor. Groei in my vermoë om vir Hom te wag - die uitgroei uit self wil in Sy wil. Christus het ons gewys hoe om deur stilwees as gewone timmerman dwarsdeur versoeking in die woestyn te wag tot die tyd wat sy Vader goedgedunk het - net om met Geesvervulde krag sy roeping te leef en sterf. So dan ook lyk my en jou pad, of hoe?

Wie preek? Here ontmoet my asb. Sondag, ek wil u stem hoor, ek is dors daarvoor - soos en wat U weet ek nodig het om te hoor. En vir elkeen wat U woord bring dwarsoor U skepping - Here openbaar Uself aan hom/haar.

Wie preek?

Inderdaad, Wie?

 

 

Views: 175

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Sybrand van den Berg op 10 November 2011 om 8:11

amen sister, amen

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service