PvR Gemeenskapskerk

More uit 'n koue,natterige Sodwana, maar soos ek hoor nie naastenby so koud en nat soos Pretoria nie! Gisteraand was dit taamlik renerig, 'n paar tente het bietjie nat geword binne, maar niks buite beheer nie. Ons het 'n ongelooflike groep jongmense hier! Voor ons nog ietsie wil uitsorteer, het die jongmanne klaar ingespring en gedoen wat gedoen moet word. Die son is op hierdie stadium uit, so ons hoop vir 'n heerlike dag. Die girls is nou oppad strand toe op die wa (sal more oggend 'n foto insit) en die manne sit nog en kuier langs die vuur of speel rugby saam met die band. Die gemoedere is goed, geestelik is almal op 'n goeie plek en ons slaag goed in ons hoofdoel - om verhoudings te bou en om vir mense te care. So All en All is ons almal, hier by die Sodwana seekamp, op 'n baie goeie plek! Selfs Henk, wat die dissipline hanteer, is 'n happy chappy. Hy kla die jongmense is te soet, hy kan nie sy chillie sous uitdeel nie. Uiteindelik het hy 'n kansie gekry om "revenge te neem". Sien maar die foto hieronder. Grappendergewys, maar ons jongmense is regtig ongelooflik!

Ek wil asb vra dat julle nog steeds sal bid vir ons jongmense. Hier is baie seer, en baie stories en verhale. Bid vir genesing van pyn en verhoudings en bid vir geleenthede vir gesprekke en vertroue omstories te deel.

Kom ek share die snorkel storie wat ek gister aangeraak het, met julle. My telefoon is nie gewoonlik in die oggend by nie nie maar "heel toevallig, gister oggend, is my telefoon op charge, en "heel toevallig" hoor my dogtertjie Jana hom lui en antwoord. Dis toe Dave, die man saam met wie ons verlede keer met die YA's seekamp hier gesnorkel het en se hy sal die trips vir ons doen vir R80. Die prys wat sy sekretaresse gegee het vroer was R150 - onbekostigbaar, maar R80 val wel binne ons budget. Hy was in die Kaap en het "heel toevallig" betyds terug gekom en "heel toevallig" my mail gesien. So dis hoe my droom waar geword het, die droom om ons jongmense op Sodwana op 'n boot uit te neem tussen die branders deur, en God se ongelooflike skepping op 'n heel ander manier te beleef. God is AWESOME en getrou en lief genoeg vir ons om daagliks in ons lewens in te speel en ons te bederf met die "heel toevallige".

Twee van ons groepe is toe gister, op 'n boot die see in om te gaan snorkel. Vir sommiges was dit  'n ongelooflike ervaring, hier en daar het iemand glad nie daarvan gehou nie, maar almal het die gevoel van die oorweldiging van God se skepping beleef.......'n ongelooflike gevoel! Die ander groepe het heerlik op die sand gespeel, gekuier en verhouding gebou. Ons ander groepe sou vandag uitgegaan het om die belewenis mee te maak, maar die omstandighede in die see is nie gunstig nie. so more oggend 10 uur, as die windvoorspelling korrek is, gaan die snorkel weer begin.

In ons Awaken proses het Phil Underwood ons geteach om ons verhale te deel en ons stories te vertel. Gisteraand het Ryno die pad wat hy gestap het met ons gedeel. Met die vertel van sy verhaal het hy ons jongmense gehelp om hulle verhaal oop te sluit, te ontdek en te deel. Ek sou dit kon beskryf as voorwaar, 'n Goddelike oomblik! 

Dankie vir almal se terugvoer, almal se boodskappies en almal se gebede. 

Views: 26

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service