PvR Gemeenskapskerk

Modder, moeë lywe , bosluise, stil word, wild, water, stap, God se skepping en tonne vriendskappe is die vernaamste kenmerke van die X-Treme kamp 2012 waar ons saam met ons Graad 8 en 9s by Wag-’n-bietjie net anderkant Warmbad gaan afpak het.

In die wonderlike natuurskoon en primitiewe manier van leef was dit ’n ongelooflike plek weg van die stad se geraas, weg van die elektroniese oorweldiging om Jesus, ons self en ander te ontdek.

Die lewe in die Bos het maar nou net ’n manier om ons in verwondering te laat oor die grootheid van ons Skepper.

Vrydagmiddag 3uur was die tyd waar dinge aan die gebeur gekom het met ons wat vertrek het vol onseker gemoede en effens skaam jongmense, selfs ook ’n paar bekommerd mamma’s wat moes agterbly. Gelukkig het ’n bus die eienskap om net groot genoeg te wees sodat ’n ordentlike kuier kan ontstaan en nog nie eers uit die stad se gewoel en almal was reeds op vriendskapsbasis met mekaar en verhoudings bou het hoog geloop.  

Met lekker groot slaap vertrekke kon al die meisies in een hut slaap en al die manne in die ander een wat ’n lekker gevoel van eenheid geskep het en ons betower het met goeie nagruste vir die moeë lywe. Om ’n kampvuur soos net die Bos kan bied is die plek waar ons DIEP gesels het oor Wie God is en wat my verantwoordelikheid is as Kind van God. Dit was inderdaad ’n voorreg om saam die ongelooflike jongmense die pad te kon stap na die ontdekking en ook te ontdek hoe ons Reis vorentoe lyk as volgelinge van Jesus.

Saterdag was ’n stap dag waar ons sommer die Rooi roete aangedurf het en rooi wat gewoontelik gevaar beteken was toe nie gevaar in die ware sin van die woord nie, maar gevaar of eerder waarskuwing die roete gaan moeë bene teweegbring. Na ’n paar keer se verdwaal en kameelperde so naby dat dit voel ek is net so hoog soos die kameelperd se knieë het ons by ’n dam uitgekom en dis net hier waar die pret oneindig was met een HUGE modder oorlog en "tan tyd" vir ’n paar van die dames.

’n Middagete wat skrik vir niks was net daar in orde en ook ’n lewende fontein se water in ons monde was hemels. Die son het reeds hoog gesit en die temperatuurmeter was aan die kook toe ons die pad terug aangedurf het.  Maar met ’n kortpad hier en daar was ons gou terug in die kamp en het die swembad deurgeloop met moeë en modderige lywe. Maar die energie was nog nie op nie, want in die swembad het die tweede fase se JOL begin met strome maak en bal speel wat skrik vir niks.

Die aandete was oudergewoonte ’n wenner en almal se honger pyne is gestil. Ons kuier om die vuur was effens moeiliker met die uitdaging om almal waker te hou maar ons ontdek steeds ’n deel van ons karakter in God en gesels lekker oor ’n paar van die hart se diepste geheime.

Slaaptyd was net betyds want almal was doodmoeg.

Sondagoggend het ons ’n paar interessante en kreatiewe GAMES gespeel waar die jongmense se manier van dink tot die uiterste beproef en getroef is. Maar "Well Done" aan almal van hulle.

’n Brunch was volgende op die agenda en daarna die lang pad huis toe.

Ek is verskriklik opgewonde en ’n "fan" van elke jongmens wat saam ons gekamp het. Ons kan nie anders as om te sê dat dit ’n kamp was van groei, verwondering en nuwe vriende en vriendskappe ontwikkel nie.

Dankie vir elke mentor, elke ouer en elkeen wat help reël het aan ’n uiters suksesvolle kamp.

En vir die res: kyk uit vir dié jongmense in die toekoms—dis ’n klomp ysters in die ware sin van die woord—wat hul ligte wil laat skyn dat die hele wêreld kan sien.

Views: 163

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service