PvR Gemeenskapskerk

Xtreme kamp, 'n graad 8 en 9 kamp met 'n verskil


'n Kamp sonder uitdagings was die beslis nie, so tussen die sport, lang naweek weg gaan en revu het ons uiteindelik vertrek om 6H saterdag oggend, propvol opgewondenheid en planniekies. 20 van ons graad 8’s en 9’s en ons mentors op reis.

Nylstroom Bush lodge was DIE plek, die plek waar ons wou wees. Daar aangekom het ‘n stewige ontbyt op ons wag en ons het volgemaak sodat energie nie ‘n probleem sou wees nie. En GLO my dit was nie.

‘n Oggend vol intresante games het op ons gewag, en ‘n paar geleenthede om ons persoonlike limiete te strek veral as dit kom by Hoogtes, vra maar vir Wilamrie, ‘n hindernis baan wat eindig in die swembad was die ding, wat perfek was want want na dit het ons  beslis ‘n afkoel benodig. ‘n Paar nuwe ervarings vir sommiges  was volgende, die blikkies op die paal het behoorlik les opgse toe ons op hulle begun vuur het met die lug gewere, en daar was veral ‘n paar van die skoner geslag wat gereeld in die kol was. Die ketties daarna was ietwat ‘n groter uitdaging maar steeds hope pret.

En op die punt het die weer ons nuwe vriend geraak en moes ons erge erge reen trotseer. Maar in ‘n saal met ‘n ongelooflike uitsig oor die dam het die kreatiewiteit oorgeneem en het ons dalk ‘n paar nuwe sewende laan karakters vir die toekoms ontgun. Dis hier waar ons  ‘n  ‘n paar improvisasie speletjies aan die gang gekry het en ons mekaar vir ure vermaak het .

Die reen was egter nie van plan om ons  te los nie en tot ons potjie kos saterdag aand het uitgereen maar gelukkkig was hul dadelik gereed met ‘n plan B sodat niemad van honger pyne kon kla nie.

Ons het saterdag aand afgeslut met ‘n diep gesprek met die tema: “wie is ek”.

Sondag oggend het ons gesprek egter aangegaan en kon ons op ‘n manier vir mekaar help om te leer om ‘n verskil te maak in die wereld waarin ons leeg en beweeg.

My persoonlike hoogtepunt vir sondag  was toe saterdag aand se potjie maak geleentheid wat toe na sondag middag verskyf is. Elke groep moes ‘n bak vleis kies en het presies dieselfde groente gekry en daarmee moes elke groep ‘n pot voorberei vir middag ete. En Kan die kinders kosmaak, ons het almal ongelooflik lekker geeet.

Ons pret het net noooit gestop nie en tenspyte van die reen was die kamp nie sonder die X(treme) faktor nie. Met ons vertrek daar was almal steeds vol planniekies oor hoe ons dit dalk sal moontlik reg kry om net nog een nag daar aan te bly.

Dit was ‘n kamp met baie gees, baie pret en ‘n mooi stuk groei in ons Verhoudings met mekaar en God.

Dankie aan al die kids wat daar was, dit was ‘n groot voorreg vir my om saam jul te kamp en jul almal my vriende te maak. Dankie ook vir die mentors wat saam gegaan het om saam met ons dit te geniet, julle is goud werd.

En julle wat dit gemis het, hoop ons sien jul volgende jaar.

Xtreme groete

Herman Matthee

Views: 156

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service